Sport

Carl Roothman wen Masters tennistitel in Potchefstroom

Carl Roothman, graad 8-leerling en 1ste span tennisspeler van Paul Roos het verlede week uitstekende tennis gespeel deur die Growthpoint SA Junior Masters tennistitel vir O/14-seuns in Potchefstroom te wen.

Die Masters is die gesogte nasionale tennistoernooi waarheen slegs die topspelers in elke ouderdomsgroep in Suid-Afrika genooi word. In die O/14-seunsafdeling is slegs die top 16 spelers in die ouderdomsgroep genooi.

Carl, die 4de gekeurde, het baie goeie tennis opgelewer en daarin geslaag om die 1ste gekeurde Devan Badenhorst van Gauteng-Noord in die finaal Sondag met 6/0 7/5 te wen.

Carl het ook vroeër vanjaar die Afrika beker titel gewen en is aangewys as die beste O/14 seunsspeler in Afrika.

Baie geluk aan Carl met hierdie pragtige prestasies.