Hokkie / Hockey

Volkleure

  • ’n Speler wat die hoogste provinsiale 0/18 A-span haal en deelneem op die hoogste provinsiale vlak in sy ouderdomsgroep.
  • ’n Speler wat gekies word as skeidsregter vir die jaarlikse interprovinsiale toernooi vir die 0/18A-ouderdoms­groep.
  • ’n Speler in enige ouderdomsgroep wat die nasionale A-span verteenwoordig.

Halfkleure

  • ’n Speler wat vir die Boland o/16A-span gekies word.
  • ’n Speler wat op besondere wyse die eerste span verteenwoordig en wat deur sy standaard van spel, optrede en leierskap homself waardig vir erkenning bewys.
  • ’n Speler wat gekies word as skeidregter vir ’n interprovinsiale A-toernooi in enige ouderdomsgroep.
  • ’n Speler wat die tweede hoogste moontlike O/18 provinsiale span verteenwoordig. Boland O/18A in die geval waar die hoogste provinsiale span haalbaar die Wes-Kaap span is of Boland O/18B in die geval waar die hoogste provinsiale span haalbaar die Boland O/18A is.