Societas
Paul Roos se gemeenskapsbetrokkenheid word uitgeleef deur middel van die Societas vereniging. Societas strewe daarna om ons leerders bloot te stel aan die bemagtigende aksie van “gee jou tyd eerder as jou besittings”. Liefdadigheid gaan dus nie net oor fondsinsamelings dmv civvy-dae nie, maar ook dienslewering en uitreik na behoeftiges.
The Societas badge, in the shape of a Superman sign, is certainly one of the most sought after badges and definitely very hard to come by. To qualify for a Superman badge you really have to be a super man. This envolves logging a certain amount of service hours in any of the various community projects that Paul Roos is involved in.
Mens sou kon redeneer dat gemeenskapsdiens nie iets is wat ‘n toekenning behoort te ontvang nie, maar baie tersiêre instansies vereis deesdae dat ‘n bewys van jou betrokkenheid in die gemeenskap jou aansoek moet vergesel. Dit is juis om hierdie rede dat Paul Roos sy leerders die geleentheid bied, om op georganiseerde wyse, betrokke te raak by gemeenskapsdiens.
We can do no great things, only small things with great love. ~Mother Teresa
Paul Roos se Societasklub is sedert 2006 betrokke by ‘n nasorgsentrum in Cloetesville. Ongelukkig moes hierdie nasorgsentrum aan die einde van 2010 hul deure sluit. Die nuwejaar het dus afgeskop met ‘n splinternuwe uitreik aksie na Lindelani – Place of Safety, net buite Stellenbosch. Met ons weeklikse besoeke aan Lindelani het Paul Roosers geleentheid gekry [...]
Read more...