Paul Roos Gimnasium  - Paul Roos Gymnasium, Stellenbosch, South Africa
  • Tuisblad
    Home
  • Ons Skool
    Our School
  • Agter die Legende
    Behind the Legend
  • Toelating
    Admission
  • Nuusbriewe
    Newsletter
  • Nuus uit die Oond
    News from the Oven
  • Sport & Verenigings
    Sport & Societies
  • Akademie
    Academics
  • Koshuise
    Hostels
  • Raak Betrokke
    Get Involved
  • Gemeenskaps-
    betrokkenheid

    Community Involvement
  • Internasionale Uitruilprogram
    International Exchange Programme
  • Club 1000
  • OOV
    PTA
  • Ontmoet die Mense
    Meet the People
  • Koop jou Kiekie
    Buy your Photo
  • Oudskoliere
    Old Boys
  • Kontak Ons
    Contact Us
  • Missie
    Mission
  • Jaarprogram
    Year Programme
  • Kwartaalprogram
    Term Programme
  • Belangrike Kontakte
    Important Contacts
  • Vind Ons
    Find Us
  • Uit die Argiewe
    (Sedert 1866)
    From the Archives
    (Since 1866)
  • Ons Geskiedenis
    Our History
  • Rhodes Verbinding
    Rhodes Connection
  • Prospektus
    Prospectus
  • Fooie
    Fees
  • Aansoek Prosedure
    Application Procedure
  • Aansoekvorms
    Application Forms
  • Opedag
    Open Day
  • Finansiële hulp
    Financial Support
  • Kontakpersoon
    Contact Person
  • Oom Polla Winkel
    Oom Polla's Shop
  • Betalings
    Payments
  • Nussbriewe
    Newsletters
  • Concipio
  • Semper
  • Aktiwiteite by PRG
    Activities at PRG
  • Kriteria vir Kleure
    Criteria for Colours
  • Weeklikse Sportprogram
    Weekly Sport Programme
  • Weeklikse Sport Uitslae
    Weekly Sport Results
  • Vakkeuses
    Subject Options
  • Kriteria vir Kleure
    Criteria for Colours
  • Slaagvereistes
    Passing Criteria
  • Merietelys & Pryswenners
    Merit List & Prize Winners
  • Welgevallen Wyn
    Welgevallen Wine
  • My School Ondersteuners
    My School Supporters
  • Borg 'n Behoeftige Skolier
    Sponsor a Disadvantaged Scholar
  • PRG Klaskamer van die Toekoms
    PRG Classroom of the Future
  • Advertensieborde
    Advertising Banners
  • Adverteer op Ons Webwerf
    Advertise on Our Website
  • Huur Ons Fasiliteite
    Rent Our Facilities
  • Korttermynversekering
    Short Term Insurance
  • Paul Roos Akademie
    Paul Roos Academy
  • Paul Roos Stigting
    Paul Roos Foundation
  • Societas
  • Susterskole
    Sister Schools
  • Fotos
    Photos
  • Kontakpersoon
    Contact Person
  • Wie en wat is ons?
    Who and what are we?
  • Belangrike Datums
    Important Dates
  • Nuusbrief
    Newsletter
  • Sluit aan
    Join
  • Algemene Inligting
    General Information
  • Kontakpersone
    Contact Persons
  • Daaglikse Skedule
    Daily Schedule
  • Reëls en Strafmaatreëls
    Rules en Penalties
  • Studietye
    Study Time
  • In en Uit Teken Prosedures
    Signing In and Out Procedures
  • Wasgoeddag
    Laundry Day
  • Mediese Prosedures
    Medical Procedures
  • Maaltye
    Meal Times
  • Uitnaweke
    Away Weekends
  • Sosiale Byeenkomste
    Socials
  • Nuus & Fotos
    News & Photos
  • Rektor
    Rector
  • Beheerliggaam
    Body Corporate
  • Personeel
    Personel
  • Leerlingraad
    Student Council
  • Support Paul Roos Gimnasium
  • Subscribe to the Paul Roos Gimnasium Newsletter
Nuus/ News
Paul Roos nuwe Gholf kampioene
Raubenheimer SA’s rising star
Matrieksertifikate 2009
Comments (53)
Ons Mense/ Our People
Me Anneli Stark
Me Anneli Stark

Argief | Archive

Die argief is op 28 Februarie 1997 amptelik ingewy deur dr. Gideon Roos (Matriek 1925).

Gideon Roos was een van die legendariese Paul Roos se seuns en, indien 'n mens na 'n paar van sy klasmaats se name kyk, besef 'n mens dat die grootsheid van 'n skool ook gemeet kan word aan die mense wat hy opgelewer het. Die 1925-klas het mense soos dr. Gawie Cillie, T.O. Honiball (die bekende spotprenttekenaar), dr. F R Tomlinson (van die 1948-Tomlinson-verslag-faam), Phil Morkel (stigter van Morkels), Bill Winshaw (stigterslid van Stellenbosch Boerewynmakery) ingesluit, om maar enkeles te noem.

So is daar ook vyf lede uit die 1932-klas wat staatspresidentstoekennings vir voortreflike diens ontvang het. Uit hierdie 1932-klas, was daar drie leerders onder die eerste tien in Kaapland, naamlik Piet Cillie, Dawie Lurie en Jacques Kriel.

Sover bekend was die eerste merietelys-kandidaat Jan Christiaan Smuts, die latere eerste minister, wat in 1888 die 5de plek behaal het. Ander oud-skoliere wat hierdie amp beklee het, was JBM Hertzog en DF Malan. Die ruit waarop Smuts as ondeunde skoolseun sy naam uitgekrap het, word in die argief bewaar.

Die uiteindelike ideaal is om inligting van alle oudskoliere te bekom en in die argief te bewaar sodat dit beskikbaar is vir navorsing. In 2002 het daar bv. vier boeke oor oudskoliere verskyn. Uys Krige, Piet Cillie, Schalk Pienaar en T.O. Honiball. Die argief van PRG het dus ook 'n navorsingsentrum geword vir navorsers en huidige leerders.

Skrywers wat die skool opgelewer het sluit onder andere in Gideon Joubert (Die Groot Gedagte), Etienne van Heerden, Ronnie Belcher, Uys Krige, Koos Kombuis, Tom Dreyer, Alsoon Wessels en Albert Lintveldt. Bekende akteurs wat hier was, is Nic de Jager, Marcel van Heerden, Danie Smuts, Francois Toerien en Louis van Niekerk.

Benewens die eerste Idols-wenner, Heinz Winckler, was ander presteerders op musiekgebiek: Arnold van Wyk en Stephen Eyssen (komponiste), Albie Louw (pianis), Oliver en Stephen de Groot, Jurgen Schwietering (violis) en operasanger Henry Lankester (Matriek 1969 - tans in Duitsland) en meer onlangs Pieter Tredoux wat tans in Phantom of the Opera sing.

Op sportgebied is daar reeds 49 rugby springbokke. Dit is die meeste rugby springbokke wat enige skool nog opgelewer het. Navorsing word steeds gedoen oor die tydperk 1903 tot 1930. Dit is moontlik dat gedurende hierdie periode nog 'n paar springbokke hul tyd in Paul Roos deurgebring het.

Daar is tans 57 springbokke in ander sportsoorte bekend. Daar was ook ses ridderskappe soos o.a. Sir John Field (Matriek 1930), Sir Christiaan Felling (1895) en Sir Ralph Murnham wat 'n gedeelte van sy skoolloopbaan hier deurgebring het en 'n geneesheer van die Britse koninklike familie was.

Hierdie skool het dus op elke denkbare gebied van die samelewing 'n bydrae gelewer.

Die argief se funksie is dus om:
  • Die skool se erfenis en geskiedenis te bewaar
  • Inligting en argiefmateriaal in te samel
  • Hierdie inligting te dokumenteer
  • Uitstallings van die inligting te maak
  • Navorsing te doen en inligting te versprei
  • Leerders betrokke by geskiedenis te kry

Besoekers is welkom om 'n toer deur die argief aan te vra. Enige navrae kan gerig word aan Mariena Kotze (argivaris). Kontak haar by 021 887 0017 of argief@prg.wcape.school.za

Miskien is die uiteindelike doel ook om almal wat betrokke is bewus te maak van die feit dat elkeen 'n rol in die geskiedenis van hierdie skool en land het.

"We toil not for school or for life, but for eternity"

© 2010 Paul Roos Gymnasium. All rights reserved. Contact Us

  • Web design by aodesign.co.za
  • Powered by GivenGain