Kriteria vir Kleure | Criteria for Colours
AKADEMIESE TOEKENNINGS
Die enigste bonuspunte is t.o.v. die leerling wat twee tale as Huistaal neem. Graad 8- en 9-leerders se persentasie word uit 1900 bereken.
Die punt word as volg bereken:
Graad 12: Die groottotaal van die 2 eksamens in graad 11 + die groottotaal van die 2 eksamens in graad 10. Indien die seun afwesig was in 1 of 2 eksamens, sal die graad 12 Junie- en/of September-eksamenpunte in aanmerking geneem word.
Graad 11: Die groottotaal van die 2 eksamens in graad 10 + die groottotaal van die 2 eksamens in graad 9. Indien die seun afwesig was in 1 of 2 eksamens, sal die graad 11 Junie-eksamenpunte in aanmerking geneem word.
Graad 10: Die groottotaal van die 2 eksamens in graad 9 + die groottotaal van die 2 eksamens in graad 8. Indien die leerder afwesig was in 1 of 2 eksamens, sal die graad 10 Junie- en/of September-eksamenpunte in aanmerking geneem word.
1. AKADEMIESE EREKLEURE
- Word slegs aan graad 11- en graad 12-leerders toegeken.
- Die leerder mag een keer ‘n punt laer as die werklike 80% punt behaal, mits dit bo die 78% minimum punt is.
- Waar 'n leerder in sy graad 11-jaar by PRG aansluit, kan sy graad 10-Desemberpunt van sy vorige skool, sy 2 eksamens in graad 11 en Juniepunt in graad 12 hom laat kwalifiseer vir erekleure indien hy verder ten volle kwalifiseer.
2. AKADEMIESE HALFKLEURE
Dieselfde voorwaardes geld as vir volkleure, behalwe dat die punt soos volg bereken word:
- Hulle moet in elke eksamen 75% van hul werklike groottotaal behaal, en mag slegs een keer laer as 75% daal; maar moet steeds bo 73% behaal.
3. AKADEMIESE MERIETE-TOEKENNING
Dieselfde voorwaardes geld as vir akademiese toekennings, behalwe dat die volgende geld:
- Hulle moet in elke eksamen 70% of hoër in hul werklike groottotaal behaal, en mag slegs een keer laer as 70%, maar nie laer nie as 68%, daal.
ACADEMIC AWARDS
The only bonus marks are with regard to the learner who takes two languages as Home language. The total of the Grade 8 and 9 learners is taken as 1900.
The score is calculated as follows:
Grade 12: The grand total of the 2 exams in Grade 11 + the grand total of the 2 exams in grade 10. If the boy was absent in 1 or 2 exams, the Grade 12 June and/or september exam marks will be considered.
Grade 11: The grand total of the 2 exams in Grade 10 + the grand total of the 2 exams in grade 9. If the boy was absent in 1 or 2 exams, the Grade 11 June exam marks will be considered.
Grade 10: The grand total of the 2 exams in Grade 9 + the grand total of the 2 exams in grade 8. If the learner was absent in 1 or 2 exams, the Grade 10 June and/or september exam marks will be considered.
1. ACADEMIC FULL COLOURS
- Are awarded only to Grade 11 and 12 learners.
- The learner is allowed one exam below the actual 80%, provided that he still achieves above the 78% minimum.
- When a learner joins PRG in his Grade 11 year, his Grade 10 December mark of is previous school, his 2 exams in Grade 11 and his June mark in Grade 12 may allow him to qualify for full colours provided he qualifies in all other respects.
2. ACADEMIC HALF COLOURS
The same applies for half colours, except that the mark is calculated as follows:
- They must gain 75% or higher in their actual aggregate in each exam and they may only once drop below 75% but must remain above 73%.
3. ACADEMIC MERIT AWARD
The same requirements apply as for academic colours, except for the following:
- They must obtain 70% or more in their true aggregate, and may only once drop below 70%, but not below 68%.


