Societas
Paul Roos se gemeenskapsbetrokkenheid word uitgeleef deur middel van die Societas vereniging. Societas strewe daarna om ons leerders bloot te stel aan die bemagtigende aksie van “gee jou tyd eerder as jou besittings”. Liefdadigheid gaan dus nie net oor fondsinsamelings dmv civvy-dae nie, maar ook dienslewering en uitreik na behoeftiges.
The highlight of our participation in the charity of our society for 2009 was an impressive Jungle Gym which was donated to a day care centre in Cloetesville. The funds for the project were raised through civvy-day collections from PRG learners and the Societas Committee was actively involved in selecting the style of the Jungle Gym and organising the installation thereof.
Verskeie ander instansies soos die DBV het ook kontant donasies ontvang uit die opbrengs van civvy-dag insamelings. Tesame met die ATKV het Paul Roos gehelp om ‘n Nintendo Wii speletjiespakket by Huis Horison te laat opstel vir die gebruik en vermaak van die inwoners.
Gedurende die vierde kwartaal van 2009 is ‘n Sportkliniek vir minderbevoorregtes aangebied. Hier het Paul Roos se sportmanne gehelp met sokker en swem afrigting.
‘n Groot insamelingspoging is ook geloods om “Gentleman Hampers” op te maak vir jong seuns wat oor die Kerstyd haweloos is.


