Algemene Nuus / General News

Die Prada Prins

Kroonprins Van Der Tulle is gebore met die silwer lepel in die kies. Sy weeklikse sakgeld sal ‘n klein landjie vir ‘n jaar kan onderhou. Elke sent daarvan spandeer hy op klere. Ons verhaal begin op ‘n dag wat twee ontwerpers by die paleis opdaag met ‘n geskenk: ‘n uitrusting wat van die prins oornag ‘n sosiale media sensasie sal maak!