Wasgoeddag / Laundry Day
Washuis Reëls
- Nova wasgoed: Maandag oggend voor skool inhandig en afhaal van skoon wasgoed Dinsdag na skool.
- Prima wasgoed: Woensdag oggend voor skool inhandig en afhaal van skoon wasgoed Donderdag na skool.
- Elke sak moet vergesel wees van ‘n ingevulde wasgoedlys (Daarsonder sal dit nie gewas word nie)
- Alle klere moet duidelik gemerk wees (Naam, Van en Koshuisnaam)
- Sokkies moet omgekeer wees met naam na buite.
- Geen ongemerkte en geleende klere sal gewas word nie.
- Die waskamer sal SLEGS tussen 2nm en 3nm oop wees, sodat leerders hul skoon wasgoed kan kry.
- Alle WASGOED-BRIEFIES moet saammet ‘n “koshuis tannie” nagegaan en ONDERTEKEN word voordat jy jou wasgoed mag neem.
- Indien jy iemand stuur om jou wasgoed te gaan haal , neem HY verantwoordelikheid daarvoor.
- Indien daar “DRINGENDE” wasgoed (bv sportdrag) is, moet dit so aan Tannie Ralie verduidelik word, sodat dit EERSTE gewas kan word.
- Geen ongemerkte klere sal gewas word nie!!
- Moet ASB nie met ‘n “ballpoint” pen merk nie, want dit was uit.
- Kliek hier vir die wasgoedlys.













