Paul Roos 150 Trustfonds / Paul Roos 150 Trust Fund

Paul Roos 150 Trustfonds / Paul Roos 150 Trust Fund

Paul Roos Gimnasium vier vanjaar sy 151ste bestaansjaar – ‘n trotse mylpaal.

Internasionaal bekend as een van die mees uitnemende skole vir seuns in Suid-Afrika – ‘n reputasie oor jare verdien deur die prestasies van sy oud- en huidige skoliere en die onbaatsugtige diens van oud- en huidige onderwysers en ouers – is dit van uiterste belang om ook dieselfde standaard in die toekoms te verseker.

In order to maintain our academic levels of excellence and our reputation as one of the most prestigious boys’ schools in South Africa, the support and co-operation of all those who share our vision of upholding standards are needed.

Die grootste enkele faktor wat kwaliteit onderrig in ’n klaskamer bepaal is die kwaliteit van die opvoeder wat voor die klas staan, asook ’n behoorlike infrastruktuur. Tans, egter, bestaan daar ‘n heersende en toenemende tekort aan goed-opgeleide onderwysers in ons land wat uitnemendheid kan verseker.

Hoe kan ons hierdie uitdaging oorbrug?

Om hierdie en toekomstige uitdagings aan te spreek is die Paul Roos “150” Fonds op die been gebring. U maandelikse en/of eenmalige skenkings kan ‘n direkte impak hê deur ’n volhoubare inkomstestroom te verseker.

The sole purpose of the Paul Roos “150” Fund is to uphold and further educational standards by:

  1. attracting and retaining well-qualified young and/or experienced teachers;
  2. making affordable housing on the school grounds available to young staff members, as it has become near to impossible to find affordable accommodation in Stellenbosch;
  3. maintaining and upgrading our infrastructure as necessary.

Take action now:

Contact Mr Frans van Niekerk fvnkerk@paulroos.co.za or 082 825 2472.

Contributions are tax deductible.