Sport

Paul Roostennis kom 2de by die Bestmed Gerrie Berner Tennistoernooi

Paul Roostennis kom 2de by die Bestmed Gerrie Berner Tennistoernooi

Voor: Jean Durand, Christian van der Wath, JP van den Berg, Ruben Fortuin, Wikus Robbertse, Carl Roothman en Rossouw Norval Agter: Jacobus Swanepoel (Afrigter)

Die 12de Bestmed Gerrie Berner Tennistoernooi het uiteindelik die afgelope naweek op die bane van Paul Roos plaasgevind nadat dit sedert Februarie uitgestel is weens die maselsuitbraak wat Paul Roos getref het. Die toernooi het tennis uit die boonste rakke opgelewer deur die 12 deelnemende skole van regoor Suid-Afrika. Paul Roos het as 3de gekeurde span by die toernooi uitstekende tennis gespeel maar is in die finaal deur die baie sterk span van St. Stithians met 5 – 3 verslaan. Dit was St. Stithians se 4de agter eenvolgende titeloorwinning.

Paul Roos het daarin geslaag om in die semi-finaal vir Grey College (2de gekeur en wat ook in 2016 in die finaal was), na ‘n baie taai stryd met 5 – 2 te klop.

Die span van Paul Roos het bestaan uit:

1. Rossouw Norval
2. Christian van der Wath
3. Wikus Robbertse
4. Ruben Fortuin
5. Jean Durand
6. JP van den Berg
7. Carl Roothman

Die 1ste span het uitstekende tennis gespeel en het gedurende die rondomtalie fase van die toernooi teen die volgende spanne gespeel:

Paul Roos wen St. Bennedicts: 9 – 0
Paul Roos verloor teen St. Stithians: 2 – 7
Paul Roos wen Paarl Boishaai: 8 – 1
Paul Roos wen Pretoria Boys High: 8 – 1
Paul Roos wen Clifton High: 9 – 0

Die Paul Roos manne het twee maal teen St. Stithians gespeel. Eers in die rondomtaliefase van die toernooi waar hulle geen enkelspelwedstryde kon wen nie, asook in die finaal Saterdagoggend. Die Paul Roosers het alles gegee in die finaal en daarin geslaag om 3 enkelspelwedstryde uit die ses te wen. Twee van die ander enkelspelwedstryde is in die derde stel met ‘n “super-tiebreaker” verloor. Hierdie wedstryde kon enige kant toe gegaan het. Ongelukkig kon PRG geen dubbelspelwedstryde wen nie en het hulle die kragmeting met 3 – 5 verloor.

Die volgorde waarin die spanne by die toernooi geëindig het, is as volg:

1. St. Stithians
2. Paul Roos
3. Grey College
4. Afrikaans Seuns H/S (Affies)
5. Pretoria Boys
6. HJS Paarl (Boishaai)
7. Waterkloof
8. St. Davids
9. St. Benedicts
10. Stellenbosch H/S
11. Kearsney College
12. Clifton

Dankie aan al die ondersteuning van die leerlinge en die ouers gedurende die toernooi.

Paul Roos- en tennisgroete,
Jacobus Swanepoel

Die 1ste PRG Tennis Span op die foto: Voor: Jean Durand, Christian van der Wath, JP van den Berg, Ruben Fortuin, Wikus Robbertse, Carl Roothman en Rossouw Norval
Agter: Jacobus Swanepoel (Afrigter)