Algemene Nuus / General News

Rektor groet Paul Roos na 10 jaar

Rektor groet Paul Roos na 10 jaar

Geagte Ouers / Dear Parents

Na 10 jaar is dit tyd om te groet.  Tien jaar is ‘n lang tyd, 10 jaar is ‘n kort tyd – maar 10 jaar is verby.

Dit was ‘n besondere voorreg en eer om aan Paul Roos verbonde te kon wees.  Elke dag was uitdagend, maar elke dag was vervullend en verrykend.  Dit was 10 jaar wat ek vir niks sal verruil nie.

I am leaving with the deepest emotion of absolute gratitude.  I want to thank you all for your loyalty, support and dedication to the boys and our school.  A sincere thank you also for the kindness towards myself, and all the support I received.  It was an immense honour serving you and the Paul Roos community.  During all the years, I have experienced enourmous goodwill.  I have the greatest respect and appreciation for the positive interaction I have experienced.  Thank you so much.

Paul Roos is ‘n besondere skool.  Dit is inderdaad nie maklik om so ‘n trotse instelling agter te laat nie.  Na tien jaar van intense betrokkenheid is dit ondenkbaar dat mens nie langer deel daarvan sal wees nie.  Dit is egter tyd vir ‘n nuwe seisoen, en ek is ons Hemelse Vader dankbaar vir elke geleentheid wat ek kon hê, kon geniet en kon beleef. Daar was uitdagings, maar geen slegte dae nie.  Daar was mooi stories, lekker stories, sukses stories en snaakse stories.

It is time for a new Rector, and a new era in the history of our school.  Please welcome Mr van Staden and his family into the Paul Roos community.  He is committed and enthusiastic about the new challenge.  Paul Roos is in good hands.

Baie dankie ook vir die meelewing en ondersteuning wat ek gedurende die onlangse tyd ervaar het.  My tweede behandeling van chemo-terapie is agter die rug.  Alhoewel dit uitdagend en veeleisend is, maak hoop enige slegte ervaring sinvol en die moeite werd.  Ek is werklik positief in terme van my eie herstel, en beplan om elke dag voluit te leef.  Ek gaan vanaf April op ‘n deeltydse basis by ‘n plaaslike onderwysinitiatief betrokke wees waar ek ondersteuning aan die skoolhoofde, bestuurspanne en personeel van omliggende skole gaan bied – ‘n opwindende nuwe uitdaging.

May the future be kind to you all, and our beloved school.

Met waardering en respek.

Vriendelike groete / Regards

Jannie

31 Maart 2017